Onthou Ons
Soms is hul name, soos in dokumente neergeskryf, die enigste bewyse van individuele slaaf-gemaakte lewens. Wanneer jy die name hier lees van sommige van die slaaf-gemaakte vroue, mans en kinders wat vanaf 1714 – 1833 op Leeuwenhof gebly en gewerk het, daar gebore is en daar gesterf het, dink vir 'n oomblik na oor die lewens wat dié name verteenwoordig, lewens wat verdien om onthou en gedenk te word.
Toe hulle aan die Kaap die Goeie Hoop geland het, is slaaf-gemaakte mense van alles gestroop, selfs hul name. As 'eiendom' is hul name volgens hul 'eienaar' se voorkeure verander.
Soms het 'slawe-eienaars' hul klassieke name gegee, gebaseer op 'n keiser of 'n mitologiese figuur − Julia, Adonis, Cupido of Cesar. Hul 'eienaars' het hul 'slawe' gespot deur hulle te vernoem na hierdie magtige mense en figure. Slaaf-gemaakte mense het ook Ou-Testamentiese name gekry soos Adam, Eva, Rachel en Job. Ander het selfs beledigende name soos Eenoor en Patat gekry.
Sommige slaaf-gemaakte mense het die name van kalender-maande gekry, vanaf Januarie tot Desember. Dit sou deur afslaers uitgeroep word op die veilings waar hulle verkoop is.
Hierdie naamgewingspraktyke kom voor in die rekords van Leeuwenhof 'slawe-eienaars'.
Talle plaaslike mense is die afstammelinge van voormalige slaaf-gemaakte mense en het vanne of name wat direk gekoppel kan word aan die tydperk van slawerny aan die Kaap soos April, September, Oktober, Afrika, Damon, Maart, Cupido, Desember, Samson, Adam, Moses, Esau en Goliat.
Die Nederlandse naamgewingstelsel vir slaaf-gemaakte mense bied 'n aanduiding van waar hulle vandaan kom. Die volgende mense is in slawerny gedwing en na die Kaap gebring om te werk:
Patientie van Batavia, gebore in die huidige Jakarta, Indonesië omstreeks 1746. Oorlede te Leeuwenhof op 30 April 1830.
Mey van Batavia, gebore omstreeks 1771. Oorlede te Leeuwenhof op 26 Desember 1818.
September van Batavia, gebore omstreeks 1771
Baatjie van Batavia, gebore omstreeks 1766. Oorlede te Leeuwenhof op 3 Desember 1823.
Cato van Batavia, gebore omstreeks 1746. Oorlede te Leeuwenhof op 10 Oktober 1824.
Snap van Batavia, gebore omstreeks 1766. Oorlede te Leeuwenhof op 7 Januarie 1825.
Dam van Bengale, gebore in die huidige Bangladesj-Indië omstreeks 1776
Simon van Macassar, van die huidige Ujung Pandang, op die eiland Celebes, Indonesië
Sara van Madagaskar
Pieter van Madagaskar, gebore omstreeks 1788
Caesar van Madagaskar, gebore omstreeks 1771
Azor van Madagaskar, gebore omstreeks 1780
Patientie van Madagaskar, gebore omstreeks 1771. Oorlede te Leeuwenhof omstreeks 1830.
Sabel van Madagaskar, gebore omstreeks 1766. Oorlede te Leeuwenhof op 20 Maart 1817.
Philida van Mosambiek
Januarij, Februarij, Maart en April van Mosambiek
Domingo van Mosambiek
Februarie van Mosambiek, gebore omstreeks 1776. Oorlede te Leeuwenhof op 12 Junie 1824.
Scipio van Mosambiek, gebore omstreeks 1786
Afrika van Mosambiek, gebore omstreeks 1786
Januarie van Mosambiek, gebore omstreeks 1780. Oorlede te Leeuwenhof op 9 Januarie 1824.
Pietjie van Mosambiek, gebore omstreeks 1776. Oorlede te Leeuwenhof in ongeveer 1820.
April van Mosambiek, gebore omstreeks 1792
Pero van Mosambiek, gebore omstreeks 1771. Oorlede te Leeuwenhof op 31 Desember 1822.
Mozes van Mosambiek, gebore omstreeks 1788
Francois van Mosambiek, gebore omstreeks 1771. Oorlede te Leeuwenhof op 31 Desember 1822.
Michel van Mosambiek, gebore omstreeks 1781. Oorlede te Leeuwenhof op 20 Junie 1831.
Josef van Mosambiek, gebore omstreeks 1794
Lodewyk van Mosambiek, gebore omstreeks 1771
Simon van Mauritius
Francois van Mauritius, gebore omstreeks 1776
Apol van Mauritius, gebore omstreeks 1776
Sericus van Mauritius, gebore omstreeks 1756. Oorlede te Leeuwenhof in ongeveer 1824.
Kinders wat plaaslik in slawerny gebore is, het slegs voorname gekry, gevolg deur 'van de Caab'. Onder Britse bewind het dit 'of the Cape' geword:
Cathrijn van de Caab
Adonis van de Caab
Philip van die Kaap, gebore omstreeks 1788
Frederik van die Kaap, gebore omstreeks 1790
Willem van die Kaap, gebore omstreeks 1806
Carli van die Kaap, gebore omstreeks 1800
Lodewyk van die Kaap, gebore omstreeks 1802. Oorlede te Leeuwenhof op 30 April 1830.
Siloa van die Kaap, gebore omstreeks 1794
November van die Kaap, gebore omstreeks 1771. Oorlede te Leeuwenhof op 5 April 1834.
Spasie van die Kaap, gebore omstreeks 1766
Regina van die Kaap, gebore omstreeks 1804. Oorlede te Leeuwenhof in ongeveer 1825.
Christina van die Kaap, gebore omstreeks 1790
Sara van die Kaap, gebore omstreeks 1774
Doortjie van die Kaap, gebore omstreeks 1793
Marietjie van die Kaap, gebore omstreeks 1796
Diana van die Kaap, gebore omstreeks 1771
Rosina van die Kaap, gebore omstreeks 1792
Moses van die Kaap, gebore omstreeks 1775
In teenstelling met hul ma's, is die pa's van hierdie kinders nie opgeteken nie. Op Leeuwenhof in slawerny gebore:
Saartjie van die Kaap, gebore omstreeks 1807
Pierre van die Kaap, gebore omstreeks 1810
Lena van die Kaap, gebore omstreeks 1815
Coba van die Kaap, gebore op 20 Januarie 1817 aan Marietjie
Adriaan van die Kaap, gebore op 17 Januarie 1817 aan Doortjie
Christina van die Kaap, gebore op 20 Maart 1819 aan Marietjie. Oorlede te Leeuwenhof op 4 Augustus 1819.
Isak van die Kaap, gebore op 8 April 1820 aan Doortjie
Albert van die Kaap, gebore op 15 Mei 1820 aan Rosina
Jacob van die Kaap, gebore op 9 Junie 1820 aan Regina
Frans van die Kaap, gebore op 15 Junie 1820 aan Marietjie
Christiaan van die Kaap, gebore op 24 Junie 1822 aan Marietjie
Carolina van die Kaap, gebore op 26 Junie 1822 aan Rosina
Ram van die Kaap, gebore op 2 Desember 1822 aan Doortjie
Lucrees van die Kaap, gebore op 23 Desember 1823 aan Regina
Louisa van die Kaap, gebore op 2 Desember 1824 aan Rosina. Oorlede te Leeuwenhof in ongeveer 1832.
Elias van die Kaap, gebore op 16 Mei 1825 aan Doortjie
Frits van die Kaap, gebore in Junie 1825 aan Marietjie
Sara van die Kaap, gebore op 4 Augustus 1828 aan Doortjie
Thomas van die Kaap, gebore op 28 Junie 1831 aan Doortjie
Regina van die Kaap, gebore op 30 Julie 1833 aan Doortjie