Cape Town Museum

View Original

Gugulethu: 'Ons Trots' herwin

Kaapstad Museum het in 2018 die 60ste bestaansjaar van Gugulethu gevier met ’n herinnering aan die geskiedenis van die township vertel vanuit die perspektief van sy inwoners. Ons leer van die geskiedenis van Gugulethu se apartheidstryd en ook van hedendaagse perspektiewe van akademici, sakelui, aktiviste en 'n nuwe geslag van jong kunstenaars.

"Wanneer mense aan Gugulethu dink, dink hulle aan die Gugulethu Sewe wat deur die apartheidsregering in die 80’s vermoor is of hulle dink aan die moord van Amy Biehl. Gugulethu se geskiedenis beslaan meer as bloot maar net hierdie twee tragedies"

- Geoff Mamputa, Gugulethu inwoner en sosiale aktivis.


’n Kort geskiedenis

Gugulethu, of "Gugs" soos dit algemeen bekend staan, is ’n township/woonbuurt ongeveer 15 kilometer buite die Kaapstad Sakekern. Dit is aanvanklik in 1958 deur Kaapstad se Stadsraad ontwikkel as ’n nedersetting vir swart trekarbeiders. Die naam "Gugulethu" is ’n afkorting van "igugu lethu", wat "ons trots" in isiXhosa beteken. Die naam is deur die apartheidsregering gekies wat dit verkeerdelik “Guguletu” gespel het. Voor hierdie naam is dit Nyanga-Wes genoem. Ondanks die swak huisvesting en lewensomstandighede in Gugulethu, het die bevolging teen 1963 tot meer as 27 000 inwoners gegroei.

Inwoners van Gugulethu het swart gesinne ingesluit wat met geweld verskuif is uit verskillende dele van die Stad Kaapstad ingevolge die Groepsgebiedewet. Gesinne afkomstig van Windemere (ongeveer 753 gesinne), Wittebome, Bo-Kaap, Retreat, Distrik Ses en Simonstad is hervestig. Met hul aankoms in Gugulethu, is die township verdeel in afdelings wat ontwerp is sodat mense wat uit dieselfde gebiede verwyder is, saamgegroepeer is. Soos wat Langa, Kaapstad se oudste township, voller en voller geword het, het sommige van sy inwoners na Gugulethu getrek. Trekarbeiders wat na Kaapstad gekom het om werk te soek, het hulle ook dikwels hier in arbeider-hostelle gevestig. Hier moes swart mans enkelkamers met tot drie ander mans deel en verder is geen huisvesting aan hul gesinne verskaf nie. 

Ondanks die moeilike lewensomstandighede in Gugulethu, dink Jeff Mamputha, inwoner, met deernis terug aan die verskeidenheid kulture wat die gemeenskappe wat na Gugulethu verskuif is, saamgebring het. Dit sluit rugby van Kensington, krieket uit Distrik Ses en baldans van Retreat in.


Benoeming van strate

In plaas van straatname te gebruik, soos wat die geval met die ander Kaapse townships was, is die oorspronklike strate in Gugulethu op ’n rooster benoem deur NY of "Native Yard" en ’n nommer te gebruik. Die aanstoot wat hierdie oorblyfsel van apartheid se stadsbeplanning gegee het, het daartoe gelei dat verskeie mense naamsveranderinge vir hierdie strate bepleit het. Verskeie strate is hernoem, insluitend die herbenoeming van NY1 na Steve Biko Rylaan en die herbenoeming van strate na Albert Luthuli, Amy Biehl, Ray Alexander en die Gugulethu Sewe. Nie almal is dit eens oor die oorsprong van hierdie straatnaamstelsel nie. Inwoner Jeff Mamputha glo dat die "NY" ’n manier was om die verskillende strate van Gugulethu (voorheen Nyanga-Wes) van die oorspronklike nedersetting van Nyanga (afgekort na NY) in die ooste te onderskei.


Uitdagings wat met misdaad verband gehou het

Misdaad is steeds 'n daaglikse werklikheid vir die inwoners van Gugulethu. Hulle word gekonfronteer met bende-aktiwiteite, georganiseerde misdaad, afpersingsindikate en van die hoogste voorkoms van geweldsmisdaad, insluitend verkragting en moord, in die land. Dit dien as 'n duidelike herinnering aan die oorblywende gevolge van historiese ongelykheid en armoede tussen geslagte, wat die lewende realiteit van baie Suid-Afrikaners is.


Herwinning van Gugulethu

Gugulethu het die afgelope paar jaar verskeie ontwikkelings gesien, insluitend 'n oplewing in gemeenskapstoerisme, entrepreneurskap, 'n winkelsentrum en baie suksesvolle gemeenskaps-, jeug- en vroue-inisiatiewe. Ondanks die moeilike verlede, het inwoners en besighede in Gugulethu in 2018 die 60ste bestaansjaar van die woonbuurt gevier. Hierdie viering is "Herwinning van ons trots" genoem. Deur 'n reeks van gemeenskapsgeleenthede soos musiekkonserte, 'n modevertoning en 'n projek om die lewensgeskiedenis van die inwoners van Gugulethu te versamel, het die mense van Gugs hul veerkragtigheid, kreatiwiteit en suksesse gevier.


Tuiste van verskeie bekende mense

Die skrywer Sindiwe Magona het in NY74 gewoon nadat haar gesin uit Retreat verskuif is. Sy het later aan die Universiteit van Columbia studeer en vir die Verenigde Nasies gewerk. 

Gugulethu was ook die tuiste van verskeie suksesvolle musikante, insluitend jazz-saksofoonspelers soos Winston Monwabisi Mankunku Ngosi, wie se gesin onder dwang hierheen vanaf Retreat verskuif is, McCoy Mrubata en jazzsanger Donald (Don) Tshomela, wat in NY65 gewoon het.

Mzoli Ngcawuzele se gesin is met geweld van Bo-Kaap na Gugulethu verskuif. Hy het Mzoli’s Place en Slaghuis opgerig wat in 2003 as ’n slaghuis begin het en vanuit ’n motorhuis bedryf is. Mzoli se restaurant het gou ’n groot trekpleister vir Kapenaars en internasionale besoekers geword, maar het in Mei 2021 gesluit.


Gugulethu Sewe Gedenkteken

Noemenswaardige geleenthede

In 1976, three of Gugulethu's high schools - ID Mkize, Fezeka, and Cava -organised a march against the implementation of Afrikaans as a compulsory teaching language. They marched in solidarity with high school students in Soweto, but also for their own education. 

On 3 March 1986, seven young men - Mandla 'Baba' Simon Mxinwa, Jabulani 'Jabu’ Godfrey Miya, Themba 'Tshepo' Molefi, Christopher 'Rasta' Piet, Zola 'Mandela' Alfred Swelani, Zabonke 'Walk Tall' John Konile, and Zandisile 'Semi' Zenith Mjobo - were killed by police on the corner of NY1 (Steve Biko Drive) and NY111. The Gugulethu Seven, as they came to be known, were shot in the head after being tricked by undercover apartheid police into thinking that they were being recruited into the ANC’s armed wing, uMkonto weSizwe.

Amy Biehl Gedenkteken in Gugulethu

Die Amerikaanse gegradueerde, Amy Biehl, is op 25 Augustus 1993 dood in 'n voorval van groepsgeweld in Gugulethu terwyl sy deel was van ’n uitruilprogram tussen Stanford Universiteit en die Universiteit van Wes-Kaapland se Regsentrum. Die vier jong mans wat skuldig bevind is aan haar moord, is deur die Suid-Afrikaanse Waarheids- en Versoeningskommissie begenadig. Amy se ouers het gekies om met hulle te kommunikeer en hulle te vergewe. Hulle het gehelp om 'n stigting op die been te bring om haar naam te vereer. Hierdie stigting sonder winsbejag, wat nou die Amy-stigting genoem word, "bied programme aan wat jongmense van 5-35 jaar uit uitdagende en kwesbare gemeenskappe ontwikkel en bemagtig."

Die meisies en seuns se sokkerspanne van die Laerskool Lwazi was te sien in die Oscar-bekroonde fliek Invictus. Die regisseur van die fliek is Clint Eastwood en Matt Damon (as Francois Pienaar) en Morgan Freeman (as Nelson Mandela) speel in die fliek. Die Lwazi-spanne is gekies omdat hulle albei byna elke trofee in hul onderskeie ligas in die Wes-Kaap gewen het. Die spelers, saam met hul afrigter en Wiskunde-onderwyser, Xolile Madikane, is 'n bron van trots in die Gugulethu-gemeenskap. Sommige van die film se tonele is op die skoolterrein geskiet.



Bronne

KoerantartikelsKoerantartikels

  • Dano, Zodidi (2018) “Gugulethu Turns 60”. Cape Argus. 18 Desember.

  • Onbekend (2010) “City kids have the right stuff” Weekend Argus. Sondag 28 Maart 2010.

Aanlyn