Olive Schreiner
19de en 20ste eeu
Foto van Olive Schreiner. Beeld: J4739, Wes-Kaapse Argief- en Rekorddiens
“Geen vrou het die reg om met ’n man te trou indien sy haarself heeltemal vir hom moet verander nie.”
Olive Emilie Albertina Schreiner was vir baie die eerste groot romanskrywer van Suid-Afrika. “The story of an African Farm” was daardie groot roman en die boek se heldin Lyndall, het waardes gehad wat Olive se eie oortuigings weerspieël het. Sy het die roman onder die skuilnaam Ralph Iron gepubliseer in die hoop dat lesers nie haar identiteit sou ontdek nie. Dit het gou ’n blitsverkoper in Noord-Amerika, Engeland en Europa geword. Haar identiteit is wel onthul met die publikasie van die tweede uitgawe van haar boek.
Olive was uitgesproke oor kwessies wat met vroue verband hou en het ’n produktiewe skrywer en feminis geword. Haar opvoeding was besonder moeilik, met haar pa wat vanaf ’n afgeleë sendingstasie gewerk het. Haar
ma was ’n streng vrou, sterk gewortel in konserwatiewe, patriargale oortuigings. Hierdie aspekte het bygedra tot Olive se minagting vir patriargie, godsdiens en konserwatisme. Sy was ’n toegewyde pasifis en gekant teen Britse beheer en imperialisme.
Olive het ’n veldtog teen die Britte gevoer tydens die Suid-Afrikaanse (Anglo-Boere) Oorlog en haar vir die regte van beide boere en swartmense uitgespreek.
Sy word in 1907 die adjunkpresident van die Kaapstad tak van die Beweging vir Vroue Stemreg (“Women's Enfranchisement League”). Sy verlaat egter later die organisasie toe vroue van kleur nie toegelaat is om daarby die aan te sluit nie.
Vier jaar later het Olive haar boek getiteld “Women and Labour laat publiseer. Haar gedagtes en filosofieë het die hartklop van die vrouebeweging vir gelykheid in Suid-Afrika en in die buiteland geword. Toe sy in 1920 oorlede is, het sy een versoek gehad: om begrawe te word in die graf van haar dogter wat in 1895 kort na geboorte gesterf het.
Olive was ’n vroeë pionier vir vroueregte en ’n sosiale kommentator wat in gelykheid, ongeag geslag of ras, geglo het. Haar werk bly belangrik en kultureel relevant. Dit was van Suid-Afrika se eerste geskrewe feministiese kommentaar van die 19de en 20ste eeu.