Zwarte Maria Evert
17de eeu
17de eeuse tekening van ’n vrou uit Afrika, geklee in Hollandse klere. Beeld: Rijksmuseum
“Sy is ’n lang vrou, baie donker, met sprankelende oë… sy is ’n uiters goeie gasvrou en sorg baie mooi vir ons.” Die reisiger Samuel Briercliffe se beskrywing van sy ontmoeting met Maria Evert.
Kampsbaai is vroeër deur ’n ryk vrou, ’n boer genaamd Zwarte Maria Evert, besit voordat dit die luukse toeristebestemming geword het wat ons vandag ken. Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) het die grond tussen Tafelberg en Leeukop aan Maria toegeken. Die omgewing se eerste titelakte is in haar naam onderteken.
Maria se ouers was Evert van Guinea en Anna (of Hoena) van Guinea. Maria en haar familie was aanvanklik slaafgemaakte mense aan die Kaap. Hulle
het egter later hul vryheid bekom. Haar pa, Evert, het ’n stuk grond gekry. Hy het hierop geboer en die plaas uitgebrei deur ’n aangrensende eiendomme te koop. Met sy aankoop van die plaas Welgelegen in Stellenbosch het hy een van die vroegste vrye swart boere aan die Kaap geword. Maria het vir hom vars plaasprodukte verkoop.
Evert se dogter het entrepreneurskap en sakebeginsels by hom geleer en ’n suksesvolle sakevrou geword. Sy het hard gewerk en die eienaar van verskeie plase in die Kaap en langs die Weskus geword. Maria het koring en mielies gesaai, sy het vrugtebome en wingerde geplant waaruit wyn geproduseer is, en sy het met skape en beeste geboer. Ten spyte van’n vonnis van ses maande se harde arbeid vir die huisvesting van ’n ontsnapte slaafgemaakte arbeider, is Maria se eiendom deur talle manlike en vroulike slaafgemaakte werkers bewerk. Sy het ook ’n wit arbeider (wat ’n “kneg” genoem is) in diens geneem wat gehelp het om toesig te hou oor haar plase.
Maria Evert is met Jackie Joij (Gracias) van Angola getroud. Hul troue was die eerste huwelik tussen twee Wes-Afrikane in ’n Kaapse kerk. Sy het van Jackie geskei nadat sy daarvan beskuldig is dat sy hom vergiftig het. Maria het ’n kort verhouding met Willem ten Damme en Kraak aangeknoop, voordat sy met haar lewensmaat, ’n Hollander genaamd Bastiaan Jansz Colijn, getroud is. Hulle het saam vier kinders gehad en hul seun, Johannes Colijn, het ’n bekende wynmaker geword. Hy het wyne produseer wat deur die konings en koninginne van Europa in hul kelders gehou is.
Maria het as ’n prominente en onafhanklike vrou in eie reg gesterf. Haar gesin was die stigtersfamilie vir baie van vandag se Suid-Afrikaners.