Zainunnisa “Cissie” Gool

20ste eeu

Photograph of Cissie Gool. Image: Bailey’s African History Archive

 

“Wat ek probeer doen, is om ’n blinker en beter gemeenskap vir Kaapstad as geheel te bou.”

Die strooibiljet was duidelik - Cissie Gool was die “mense se eie kandidaat”. Hierdie strooibiljet, gedateer 5 September 1938, was die begin van Cissie se amptelike politieke loopbaan. Sy het die verkiesing gewen en die eerste vrou geword wat op die Kaapse stadsraad, wat die mense van Distrik Ses verteenwoordig het, gedien het. Sy het hierdie posisie vir meer as 15 jaar beklee.

Cissie se politieke aktivisme is by haar ouerhuis aan die rand van Distrik Ses gekoester. Haar ouers, Dr Abdullah Abdurahman en sy vrou Nellie, was polities aktief in verskillende hoedanighede en met verskillende grade van

prominensie en invloed. Dr Abdullah het die anti-segregasiebeweging genaamd die African Political Organisation (APO) gelei. Sy eerste vrou Nellie, ’n Skotse immigrant wat hy tydens sy jare as student in Glasgow ontmoet het, het die Vrouegilde van die APO gelei en veldtogte geloods om Kaapstad se minderbevoorregtes te help.

Gedurende haar kinderjare het haar pa die politieke toneel oorheers. In baie arenas is hy gerespekteer as ’n vreeslose, getroue, welsprekende man wat met mense uit verskillende vlakke van die samelewing verbintenisse gehad het. As ’n polities aktiewe gesin is Cissie gevorm deur die beleid en boodskappe wat sy in die gange van die Abdurahman-huis gehoor het.

Jong Cissie het haar eerste gedig op ’n APO-vergadering voorgedra en sy is dadelik deur haar pa se volgelinge erken as ’n hoogs intellegente spreker met ongelooflike potensiaal. Haar vermoë om doeltreffend te kommunikeer het later vir haar ’n lewe gebaan as ’n pionier, ’n juweel van die mense, ’n Joan of Arc en ’n prinses van Distrik Ses.

Cissie se kinderjare-tutors het die feminis en aktivis Olive Schreiner ingesluit, sowel as Mahatma Gandhi, wie se waardes van gelykheid en vryheid jong Cissie geïnspireer het. Sy het Hoërskool Trafalgar, wat haar pa vir student van kleur gestig het, bygewoon en daarna haar tersiêre loopbaan aan die universiteit voltooi. Sy het die eerste vrou van kleur geword wat ’n meestersgraad aan die UK verwerf het en het deeltyds in die regte studeer. Sy het haar LLB-graad ’n jaar voor haar dood in 1963 verwerf.

Cissie Gool was medestigter van die veelrassige Nasionale Bevrydingsliga en was die eerste president van die organisasie. Sy is ’n paar weke voor haar dood tot die Kaapse Balie toegelaat, en met haar toetrede het sy die eerste vrou van kleur geword wat dié pos verwerf het. Sy is ook gekies as president van die Non-European United Front, ’n uitvloeisel van die Nasionale Bevrydingsliga, wat grootskaalse betogings teen die apartheidsregering georganiseer het. Sy is in 1946 gearresteer vir deelname aan die Passiewe Weerstandsveldtog, ’n niegewelddadige protes gelei deur haar tutor, Mahatma Gandhi.

Previous
Previous

Lady Anne Barnard

Next
Next

Zwarte Maria Evert