Rahima Moosa

20ste eeu

Rahima saam met Lillian Ngoyi, Helen Joseph en Sophie de Bruyn. Hulle was die leiers van die 1956 Vroue Optog. Beeld: Scientology News

“Ons, die vroue van Suid-Afrika, vrouens en moeders, werkende vroue en huisvrouens, Afrikane, Indiërs, Europeërs en bruinmense, verklaar hiermee ons doelstelling om te streef na die skrapping van alle wette, regulasies, konvensies en gebruike wat teen ons as vroue diskrimineer, en ons op enige manier ontneem van ons inherente reg tot die voordele, verantwoordelikhede en geleenthede wat die samelewing aan enige deel van die bevolking bied.” - uittreksel uit die Vroue Vryheidsmanifes, geskryf deur Rahima Moosa en haar kamerade.

Rahima en haar kamerade, Helen Joseph, Lilian Ngoyi en Sophie de Bruyn, het gewapen met duisende petisies met die trappe van die Uniegebou opgestap na die kantoor van premier Strijdom. Elke petisie was ’n stem, opgehef teen die paswette wat op vroue van kleur in Suid-Afrika afgedwing is. Agter hulle het ’n massa van sowat 20 000 vroue vanoor die vier provinsies van Suid-Afrika heen geloop: ’n Optog van waardige, vasberade vroue. Rahima het ’n wit sari om haar swanger maag gedra. Die sari was simbolies

van die volgende geslag bemagtigde, vry vroue wat hier gedra is, iets wat talle mense opgeval het.

Die Vroue-optog wat op 9 Augustus 1956 plaasgevind het, het geskiedenis gemaak. Voordat Rahima saam met die ander vroue die optog gelei het, het sy vir byna twee dekades geleef as ’n politieke aktivis wat die regering van die dag bevraagteken het. Rahima, wat op 14 Oktober 1922 in die Strand naby Kaapstad gebore is, het skool verlaat om ’n meer aktiewe rol in arbeidspolitiek te speel. Sy het saam met die Cape Town Food and Canning Workers Union gewerk voordat sy na Johannesburg verhuis en by die Transvaalse Indiër Kongres aangesluit het.

Rahima is diep geraak deur die lewe en werk van Mahatma Gandhi (stigter van die Transvaalse Indiër Kongres) en sy woorde het haar aktivisme inspireer. Haar werk by die Kongres het daartoe gelei dat sy by die ANC aangesluit het en in 1955 het sy ’n sleutelrol gespeel in die vorming van die Congress of the People waar die woorde van die Vryheidsmanifes formeel goedgekeur is.

Die apartheidsregering het Rahima op die swartlys geplaas, wat beteken het dat sy voortdurend onder polisiebewaking was en haar beweging ingeperk is.

Rahima Moosa het met langtermyn gesondheidsprobleme gesukkel en sy is in 1993, ’n jaar voor Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing, oorlede.

Haar graf in die Newclare-begraafplaas in Johannesburg is ’n nasionale erfenisterrein.

Previous
Previous

Vroue van die Spesiale Seindienste (SSD)

Next
Next

Anna de Koning