Onthou Ons

Soms is hul name, soos in dokumente neergeskryf, die enigste bewyse van individuele slaaf-gemaakte lewens. Wanneer jy die name hier lees van sommige van die slaaf-gemaakte vroue, mans en kinders wat vanaf 1714 – 1833 op Leeuwenhof gebly en gewerk het, daar gebore is en daar gesterf het, dink vir 'n oomblik na oor die lewens wat dié name verteenwoordig, lewens wat verdien om onthou en gedenk te word.

Toe hulle aan die Kaap die Goeie Hoop geland het, is slaaf-gemaakte mense van alles gestroop, selfs hul name. As 'eiendom' is hul name volgens hul 'eienaar' se voorkeure verander.

Soms het 'slawe-eienaars' hul klassieke name gegee, gebaseer op 'n keiser of 'n mitologiese figuur − Julia, Adonis, Cupido of Cesar. Hul 'eienaars' het hul 'slawe' gespot deur hulle te vernoem na hierdie magtige mense en figure. Slaaf-gemaakte mense het ook Ou-Testamentiese name gekry soos Adam, Eva, Rachel en Job. Ander het selfs beledigende name soos Eenoor en Patat gekry.

Sommige slaaf-gemaakte mense het die name van kalender-maande gekry, vanaf Januarie tot Desember. Dit sou deur afslaers uitgeroep word op die veilings waar hulle verkoop is.

Hierdie naamgewingspraktyke kom voor in die rekords van Leeuwenhof 'slawe-eienaars'.

Talle plaaslike mense is die afstammelinge van voormalige slaaf-gemaakte mense en het vanne of name wat direk gekoppel kan word aan die tydperk van slawerny aan die Kaap soos April, September, Oktober, Afrika, Damon, Maart, Cupido, Desember, Samson, Adam, Moses, Esau en Goliat.

Die Nederlandse naamgewingstelsel vir slaaf-gemaakte mense bied 'n aanduiding van waar hulle vandaan kom. Die volgende mense is in slawerny gedwing en na die Kaap gebring om te werk:

Patientie van Batavia, gebore in die huidige Jakarta, Indonesië omstreeks 1746. Oorlede te Leeuwenhof op 30 April 1830.

Mey van Batavia, gebore omstreeks 1771. Oorlede te Leeuwenhof op 26 Desember 1818.

September van Batavia, gebore omstreeks 1771

Baatjie van Batavia, gebore omstreeks 1766. Oorlede te Leeuwenhof op 3 Desember 1823.

Cato van Batavia, gebore omstreeks 1746. Oorlede te Leeuwenhof op 10 Oktober 1824.

Snap van Batavia, gebore omstreeks 1766. Oorlede te Leeuwenhof op 7 Januarie 1825.

Dam van Bengale, gebore in die huidige Bangladesj-Indië omstreeks 1776

Simon van Macassar, van die huidige Ujung Pandang, op die eiland Celebes, Indonesië

Sara van Madagaskar

Pieter van Madagaskar, gebore omstreeks 1788

Caesar van Madagaskar, gebore omstreeks 1771

Azor van Madagaskar, gebore omstreeks 1780

Patientie van Madagaskar, gebore omstreeks 1771. Oorlede te Leeuwenhof omstreeks 1830.

Sabel van Madagaskar, gebore omstreeks 1766. Oorlede te Leeuwenhof op 20 Maart 1817.

Philida van Mosambiek

Januarij, Februarij, Maart en April van Mosambiek

Domingo van Mosambiek

Februarie van Mosambiek, gebore omstreeks 1776. Oorlede te Leeuwenhof op 12 Junie 1824.

Scipio van Mosambiek, gebore omstreeks 1786

Afrika van Mosambiek, gebore omstreeks 1786

Januarie van Mosambiek, gebore omstreeks 1780. Oorlede te Leeuwenhof op 9 Januarie 1824.

Pietjie van Mosambiek, gebore omstreeks 1776. Oorlede te Leeuwenhof in ongeveer 1820.

April van Mosambiek, gebore omstreeks 1792

Pero van Mosambiek, gebore omstreeks 1771. Oorlede te Leeuwenhof op 31 Desember 1822.

Mozes van Mosambiek, gebore omstreeks 1788

Francois van Mosambiek, gebore omstreeks 1771. Oorlede te Leeuwenhof op 31 Desember 1822.

Michel van Mosambiek, gebore omstreeks 1781. Oorlede te Leeuwenhof op 20 Junie 1831.

Josef van Mosambiek, gebore omstreeks 1794

Lodewyk van Mosambiek, gebore omstreeks 1771

Simon van Mauritius

Francois van Mauritius, gebore omstreeks 1776

Apol van Mauritius, gebore omstreeks 1776

Sericus van Mauritius, gebore omstreeks 1756. Oorlede te Leeuwenhof in ongeveer 1824.

Kinders wat plaaslik in slawerny gebore is, het slegs voorname gekry, gevolg deur 'van de Caab'. Onder Britse bewind het dit 'of the Cape' geword:

Cathrijn van de Caab

Adonis van de Caab

Philip van die Kaap, gebore omstreeks 1788

Frederik van die Kaap, gebore omstreeks 1790

Willem van die Kaap, gebore omstreeks 1806

Carli van die Kaap, gebore omstreeks 1800

Lodewyk van die Kaap, gebore omstreeks 1802. Oorlede te Leeuwenhof op 30 April 1830.

Siloa van die Kaap, gebore omstreeks 1794

November van die Kaap, gebore omstreeks 1771. Oorlede te Leeuwenhof op 5 April 1834.

Spasie van die Kaap, gebore omstreeks 1766

Regina van die Kaap, gebore omstreeks 1804. Oorlede te Leeuwenhof in ongeveer 1825.

Christina van die Kaap, gebore omstreeks 1790

Sara van die Kaap, gebore omstreeks 1774

Doortjie van die Kaap, gebore omstreeks 1793

Marietjie van die Kaap, gebore omstreeks 1796

Diana van die Kaap, gebore omstreeks 1771

Rosina van die Kaap, gebore omstreeks 1792

Moses van die Kaap, gebore omstreeks 1775

In teenstelling met hul ma's, is die pa's van hierdie kinders nie opgeteken nie. Op Leeuwenhof in slawerny gebore:

Saartjie van die Kaap, gebore omstreeks 1807

Pierre van die Kaap, gebore omstreeks 1810

Lena van die Kaap, gebore omstreeks 1815

Coba van die Kaap, gebore op 20 Januarie 1817 aan Marietjie

Adriaan van die Kaap, gebore op 17 Januarie 1817 aan Doortjie

Christina van die Kaap, gebore op 20 Maart 1819 aan Marietjie. Oorlede te Leeuwenhof op 4 Augustus 1819.

Isak van die Kaap, gebore op 8 April 1820 aan Doortjie

Albert van die Kaap, gebore op 15 Mei 1820 aan Rosina

Jacob van die Kaap, gebore op 9 Junie 1820 aan Regina

Frans van die Kaap, gebore op 15 Junie 1820 aan Marietjie

Christiaan van die Kaap, gebore op 24 Junie 1822 aan Marietjie

Carolina van die Kaap, gebore op 26 Junie 1822 aan Rosina

Ram van die Kaap, gebore op 2 Desember 1822 aan Doortjie

Lucrees van die Kaap, gebore op 23 Desember 1823 aan Regina

Louisa van die Kaap, gebore op 2 Desember 1824 aan Rosina. Oorlede te Leeuwenhof in ongeveer 1832.

Elias van die Kaap, gebore op 16 Mei 1825 aan Doortjie

Frits van die Kaap, gebore in Junie 1825 aan Marietjie

Sara van die Kaap, gebore op 4 Augustus 1828 aan Doortjie

Thomas van die Kaap, gebore op 28 Junie 1831 aan Doortjie

Regina van die Kaap, gebore op 30 Julie 1833 aan Doortjie

Previous
Previous

Slaaf-gemaakte Lewens

Next
Next

Die nalatenskap van slawerny